Wednesday, August 31, 2011

'n kreatiewe kombuis



Ek weet nie of meeste huisvrouens so is nie en of dit net my moeder is nie maar daar is altyd een of ander botteltjie ingelegte ietsie in die spens. Of dit nou beet is of suur uietjies en of dit nou konfyt is maar elke bottel het 'n "label" met wat dit is en die datum wat dit ingele is. Na 'n kuiertjie by die Du Toit woning gaan jy nooit lee hande huis toe nie!
Buiten die konfyt kook en beet inle het my ma en haar buurvrou begin om saam te bak! Enige iets wat jy aan kan dink... koeksusters, wilds pastei en al wat lekker ding is. Die twee deel nie net hul liefde vir bak nie - hulle het ook dieselfde van. Nou ja so moes al die gebak ook "labels" kry! Plaaspop was al te gretig om die twee se gebak te beplak!

No comments:

Post a Comment