Wednesday, August 11, 2010

die eerste ontmoeting...

Hoe exciting is die…! Plaas pop se eerste post! 

So terwyl ons nou maar almal mekaar eers biekie leer ken: PLAAS POP is my freelance company wat ek onlangs begin het… ek doen grafiese ontwerp en fotografie, maar so dan en wan as die poppe wil tof dan doen ek ook gremmering en hare. 

Maar die blog is nie net om my dienste te adverteer nie dis ook vir jou genot! Ek sal sou nou en dan ‘n artikel ‘drop’ of sommer deel as ek ‘n goeie grappie of gesegde gehoor of gelees het! Dis tog als deel van kreatief wees… nie waar nie!

Oh en so terloops sal julle sien - ek is nie geworry oor ingels en afrikaans meng nie en my spelling is volgens my eie woordeboek!

groete vir sproete!